Buitelanders wat ‘onwettige goedere smokkel’ vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. -Twee buitelandse burgers is Saterdag by die Groblersbrug-grenspos met beweerde onwettige items soos sigarette, gesigsroom en tablette vasgetrek.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê ‘n doeanebeampte aan diens by die aankomshek het met die bestuurder van die vragmotor met ‘n Gauteng-registrasienommer oor ‘n verkeerde verwyderingskode gepraat. Hy is omkoopgeld van R20 000 aangebied en het dadelik die polisie ontbied, waarna die vragmotor deursoek en die onwettige items ontdek is.

Die polisie het 45 bokse, 2 250 kartonne Remington Gold-sigarette met ‘n waarde van R606 510, 50 bokse net 4 200 houers Extra Clear-room ter waarde van R252 000, 20 bokse met 5 760 buisies Epiderm-gesigroom ter waarde van R172 800, en 32 bokse met Appeti-tablette ter waarde van R695 000 tesame met die vragmotor en sleepwa, ter waarde van R1.1m. beslag gelê.

Die verdagtes sal Woensdag op aanklag van smokkelary van onwettige goedere in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief