Bulhaai byt vrou se hande af

Lees ook :

Foto: GoFundMe

VK, NOORD-AMERIKA. – ‘n Kanadese vrou (55) en haar man was op 7 Februarie vakansiebesoekers aan die Turks- en Caicoseilande toe ‘n haai beide haar hande en ‘n gedeelte van haar dy afgebyt het.

Alibé Chevarie, die beseerde vrou se swaer, het ‘n GoFundMe-profiel geopen en vertel van die nagmerrie wat hulle lewens verander het.

Die vrou het volgens haar swaer by haar man in heuphoogte helder seewater aangesluit toe die bulhaai van ongeveer sewe voet teen haar bene gestamp, om haar geswem en haar aan die dy gebyt het. Die haai het weggeswem, maar teruggekeer en haar een hand by haar voorarm en die ander by die pols afgebyt toe sy met haar hande probeer keer het. Haar man het die haai verjaag en tussen sy vrou en die haai gebly, totdat sy op die strand inmekaargesak het. Na mediese behandeling op die eiland is die beseerde vrou met ‘n lugambulans teruggevlieg na Kanada, waar sy operasies ondergaan het en aan die herstel is.

Chevarie sê die familie moet gehelp word, aangesien sy broer Kanada in die weermag gedien het.

In ‘n verklaring sê die Royal Turks and Caicos Islands Police Force die polisie se beheerkamer het omstreeks 10:35 ‘n oproep ontvang van die vrou wat geswem het en beseer is. Die polisie en nooddienspersoneel is na die beseerde vrou. Sy is daarna vir mediese hulp na die Cheshire Hall Medical Centre gehaas.

Die voorval word ondersoek.

Bronne: Royal Turks and Caicos Island Police Force, GoFundMe, Alibé Chevarie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief