Brekende Nuus
Afrikaans

Bure se dispuut oor hond lei tot moordsaak

Bure se dispuut oor hond lei tot moordsaak

fotokrediet: Canva
Bure se dispuut oor hond lei tot moordsaak fotokrediet: Canva

TENNESSEE, VSA. – ‘n Man is deur sy buurman in Tennessee ná ‘n dispuut oor ‘n hond doodgeskiet.

Lees ook: Brandstofprys styg moontlik volgende week

Adam Ray McGill se liggaam is Vrydag langs ‘n oprit gevind nadat hy sy buurman, wat glo sy hond in sy huis doodgeskiet het, gekonfronteer het.

‘n Vrou het vir die polisie gesê Gregory Scott Williams (60) het by haar en McGill se huis ingegaan terwyl niemand daar was nie en hulle hond doodgeskiet. Sy het gesê toe hulle by die huis kom, was Williams besig om hulle eiendom te verlaat.

Hulle het die hond se liggaam gekry en McGill is op sy motorfiets weg om Williams te konfronteer.

Volgens Williams het hy na McGill se motorfiets geskiet, maar die sheriff se kantoor het gesê McGill is in die maag geskiet en het probeer huis toe loop voordat hy langs die pad ineengestort en gesterf het.

Williams het tydens ‘n onderhoud erken hy het die hond geskiet omdat dit glo “aggressief opgetree het” teenoor sy vrou. Hy het ook erken hy het ‘n konfrontasie gehad met McGill en die vrou.

Williams word aangekla van moord, huisbraak en wreedheid teenoor diere.

Bronne: The Independent, WTVC, National Gun Violence Memorial

Lees ook: Brandstofprys styg moontlik volgende week