WES-KAAP. – Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, het prof. Firoz Cachalia, die waarnemende nasionale minister van polisie, versoek om dringend meer hulpbronne aan die polisie se teen-bende-eenheid toe te wys.
Luidens ‘n verklaring van die Stad Kaapstad het die eenheid volgens berigte slegs vyf werkende voertuie en ’n tekort aan koeëlvaste baadjies en vuurwapens. “Ons móét die skuldigbevindingkoerse vir bende-, vuurwapen- en dwelmmisdade verbeter,” het Hill-Lewis gesê.
JP Smith, burgemeesterkomiteelid, het bygevoeg dat die Stad jaarliks sowat 400 onwettige vuurwapens van die strate af neem, maar dat slegs vyf persent van sake tot skuldigbevindings lei.
Die Stad bepleit dat munisipale polisie toegerus word met volle ondersoekbevoegdhede, insluitend die neem van verklarings, die bou van vervolgbare dossiere en toegang tot SAPD se misdaadstatistiek en stelsels. Intussen word spesiale opleiding aan beamptes gegee om hulle vir dié rol voor te berei.
Druk hier om meer te lees.





