Burgemeesterskomiteelede vir ‘korrupsie’ gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Twee burgemeesterskomiteelede van die Emalahleni- plaaslike munisipaliteit het ’n nag in aanhouding deurgebring, nadat hulle op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem is.

Lt.kol. Magonseni Nkosi sê die twee raadslede, onderskeidelik 54 en 55 jaar oud, is deur die Valke by die Witbankdam gearresteer nadat hulle na bewering ’n gratifikasie van R20 000 ontvang het. Hierdie bedrag is glo deel van R500 000 wat geëis is om ‘n betrokke persoon vir die verlenging van ’n huurkontrak in aanmerking te laat kom.

Volgens beskikbare inligting is die R20 000 Woensdag 16 April 2025 betaal nadat ‘n betaling van R40 000 in Februarie 2025 gemaak is. Die twee verdagtes het die betalings glo tussen hulle verdeel. Die R20 000 wat Woensdag betaal is, is teruggevind. Twee luuksevoertuie wat tydens die beweerde misdaad gebruik is, is gekonfiskeer.

Die verdagtes sal na verwagting op Donderdag, 17 April 2025, in die Emalahleni-landdroshof verskyn.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief