Burgers vlug ná vegtery tussen Thailand en Kambodja

Lees ook :

Burgers vlug ná vegtery tussen Thailand en Kambodja fotokrediet: Canva

INTERNASIONAAL. – Inwoners in beide Thailand en Kambodja het vanoggend ontruim ná gevegte tussen die twee lande uitgebreek het. Sowat vyf mense is tot dusver in die aanvalle dood.

Lees ook: Thailand val Kambodja aan ná vegtery by grens

Beide kante het die ander een beskuldig van die nuutste konflik begin.

Thailand se eerste minister, Anutin Charnvirakul, het gesê sy land “wou nooit geweld hê nie” maar dat dit “enige manier nodig sal gebruik om die soewereniteit te beskerm” terwyl Kambodja se voormalige leier, Hun Sen Thaise “indringers” beskuldig het dat hulle die gevegte begin het.

Die Thaise weermag het aanvalle op Kambodja geloods nadat daar gister ‘n aanval by die lande se grens was, maar die Kambodjaanse verdedigingsminister het gesê Thaise magte het eerste die aanval begin.

Bronne: BBC, CNN, CBC

Lees ook: Thailand val Kambodja aan ná vegtery by grens

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief