‘n Skoolbus met hoërskoolleerders van Noordwes was Sondagoggend ongeveer 60 km van Hopetown op die Kimberley-roete in ‘n ongeluk betrokke.
Mphata Molokwane, woordvoerder vir onderwys in Noordwes, sê 37 leerders wat in die Wes-Kaap aan atletiek deelgeneem, was onderweg huis toe.
Twee onderwysers en die bestuurder van die bus is as voorsorgmaatreël vir X-strale na Kimberley vervoer. Geen leerlinge het beserings opgedoen nie, alhoewel almal in Hopetown-hospitaal medies ondersoek is.
“We are thankful that there have been no fatalities in this unfortunate incident. Our immediate focus is on ensuring the well-being of those involved, and we are closely monitoring the situation. Our thoughts are with the affected learners, teachers, and their families, and we are providing all necessary support and assistance. We urge everyone to remain calm as we work through this challenging time together” sê Viola Motsumi, LUR vir onderwys in Noordwes.
Molokwane sê die departement is dankbaar teenoor nooddienste, mediese personeel en die owerhede vir hulp na die ongeluk.
Leerders en personeel sal sielkundig deur die departement bygestaan word.





