KWAZULU-NATAL. – ‘n Busbestuurder is vanoggend op sy pos in Westham-rylaan doodgeskiet.
KZN VIP Protection Sercives sê hulle is van die voorval ingelig nadat motoriste verskeie skote gehoor het terwyl hulle verby die bus gery het. Met aankoms is die lewelose liggaam van die busbestuurder aangetref, waar dit in die sitplek met verskeie skietwonde gelê het.
Omstandighede van die skietvoorval word deur die polisie ondersoek.





