Busongeluk op N1 buite Bloemfontein eis 3 lewens

Lees ook :

Foto's: VR Med

VRYSTAAT. – Drie persone is vanoggend vroeg in ‘n busongeluk op die N1 buite Bloemfontein dood. Nog 71 persone is met beserings na hospitale vervoer.

VR MED sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens het hulle omstreeks 01:20 na die toneel gehaas. Ná assessering is drie persone dood verklaar en die beseerdes na hosptiale vervoer.

VR MED, Life EMS, EMS, ER24, Netcare, SADS, verkeerseenhede, Fire OPS SA en Fire and Rescue was op die toneel teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief