Busongeluk op R33 naby eMkhondo eis 5

Lees ook :

Foto's: Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling

MPUMALANGA. – Vyf passasiers is Maandagmiddag op die R33 tussen eMkhondo en Amsterdam dood, toe ’n bus omgeslaan het nadat die bestuurder blykbaar beheer verloor het. Ses passasiers is ernstig beseer en nog 20 het ligte beserings opgedoen. Die beseerdes is na ’n hospitaal in Mkhondo vervoer.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê die bus het Johannesburg met 65 passasiers verlaat, maar daar was slegs 31 tydens die ongeluk op die bus, omdat van die passasiers op die roete by hulle verskeie bestemmings van die bus afgeklim het. Nat padtoestande word vermoed as ’n moontlike oorsaak van die ongeluk.

Jackie Macie, die LUR vir die departement, doen ’n beroep op bestuurders om hulle aan te pas by padtoestande en veiligheid te prioritiseer. Hy spreek sy meegevoel teenoor die families van die oorledenes uit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief