Lees ook: Donald Trump maak verskeie beloftes, onttrek van WGO en klimaatsooreenkoms
VSA. – President Donald Trump het ByteDance 75 dae verlenging gegee om TikTok aan ’n Amerikaanse besigheid te verkoop en so te keer dat die toep verban word.
Trump het gesê die verlenging is om ByteDance meer tyd te gee om ’n koper te soek. Hy het voorgestel dat ByteDance en die VSA TikTok se eienaarskap 50-50 opdeel, maar ByteDance het voorheen geweier om die toep te verkoop.
As die toep nie verkoop word in die 75 dae nie, sal dit in die VSA verban word om die nasionale veiligheid van die land te beskerm.
Bronne: NBC News, The Independent, CNN
Lees ook: Donald Trump maak verskeie beloftes, onttrek van WGO en klimaatsooreenkoms





