Lees ook: Donald Trump word vandag as VSA-president ingesweer
VSA. – Donald Trump het tydens sy inhuldigingstoespraak verskeie beloftes gemaak oor veranderinge wat in die VSA in sy presidentstermyn sal plaasvind.
Hy het gesê hy is van plan om ‘n “nasionale energienoodtoestand” te verklaar en om die boor na olie en gas te laat voortgaan om die prys te laat sak en Amerikaanse energie dwarsoor die wêreld uit te voer. Trump het ook gesê hy gaan Biden se “mandaat van die elektriese voertuig” beëindig – enigeen sal die motorvoertuig van sy keuse kan koop.
In een van die eerste stappe as nuwe president het Trump Amerika van die Paryse ooreenkoms oor klimaatsverandering laat onttrek.
Trump het ook in sy toespraak gesê die amptelike beleid oor gender-klassifikasie van die VSA-regering is dat daar net twee geslagte is: mans en vrouens.
In sy toespraak het Trump ook gesê Amerika sal beheer terugneem oor die Panama-kanaal en die Golf van Mexico sal hernoem word na die Golf van Amerika.
Trump het voorts gesê hy sal sy “gesonde verstand” gebruik om ’n nasionale noodtoestand by die suidelike grens te verklaar en dat kartellede as terroriste beskou sal word. Hy het ook gesê alle onwettige ingange na die land sal heeltemal toegemaak word.
Trump het Amerika ook onttrek van die WGO en het gesê Amerika betaal meer as China aan die WGO, wat “onregverdig” is.
Bronne: The Standard, LBC, ABC, NDTV
Lees ook: Donald Trump word vandag as VSA-president ingesweer





