Cameron Diaz en Jamie Foxx terug in aksie

Lees ook :

Cameron Diaz en Jamie Foxx terug in aksie. Foto: Netflix

Die aktrise Cameron Diaz gaan na tien jaar weer in ’n fliek te sien wees. Hierdie keer saam met Jamie Foxx in die aksiebelaaide Back in action wat op 15 November 2024 vrygestel word.

Diaz en Foxx vertolk die rolle van Emily en Matt wat die lewe van CIA-spioenasie agtergelaat het. Hulle is ouers in ’n klein dorpie, maar nadat hulle ware identiteite onthul word, word hulle terug in die wêreld van spioenasie ingetrek.

Volgens Netflix is die fliek ’n komedie vol aksie. Kyle Chandler, Glenn Close en Andrew Scott sal ook in die fliek te sien wees.

Seth Gordon is die regisseur van die fliek wat hy saam met Brendan O’Brien geskryf het.

Foto: Netflix
Foto: Netflix

Bronne: Netflix, RTE, Evening Standard

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief