Caster Semenya-saak na Europese menseregtehof verwys

Lees ook :

Caster Semenya-saak na Europese menseregtehof verwys
Caster Semenya-saak na Europese menseregtehof verwys fotokrediet: Canva

Lees ook: Caster Semenya sê hofuitspraak is ‘net die begin’

Die volle regbank van 17 regters van die Europese menseregtehof het Maandag aangekondig hulle sal ‘n finale beslissing maak in die saak waarby Caster Semenya betrokke is. Die saak is deur Switserse owerhede na hulle vir uitspraak verwys na die atleet ‘n saak oor diskriminasie in ‘n internasionale hof in Straatsburg gewen het.

Semenya (32) wil Wêreldatletiek tot verantwoording roep vir “diskriminasie” teen vroue-atlete wat hoër vlakke testosteroon as die gemiddelde het. Sy staan die reëls dat vroueatlete met verskille in seksuele ontwikkeling medikasie moet gebruik om hulle testosteroonvlakke te verlaag voor hulle aan vroueatletiek mag deelneem, teen.

Semenya het verlede maand aan Reuters gesê haar dae van deelname aan atletiek is waarskynlik verby, maar sy gaan steeds veg teen Wêreldatletiek se regulasies.

Wêreldatletiek het gesê die regulasies is daar om vroueatletiek te beskerm sodat vrouens en meisies op ’n regverdige wyse aan sport kan deelneem.

Bronne: IOL, iAfrica, eNCA

Lees ook: Caster Semenya sê hofuitspraak is ‘net die begin’

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App