Cathay Pacific se A350-vloot staan na probleme met enjinkomponent

Lees ook :

Cathay Pacific grond A350 vloot na probleme met enjin komponent
Cathay Pacific grond A350 vloot na probleme met enjin komponent fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing ontdek strukturele probleem met 777X-toetsvloot

HONG KONG. – Cathay Pacific Airways, gebaseer in Hong Kong, het die Airbus A350-vloot gehok en is besig om die vliegtuie te ondersoek na ‘n probleem met ‘n enjinkomponent ‘n vliegtuig laat terugdraai het.

Die lugredery het gesê dit ondersoek al 48 Airbus A350 se vliegtuie as voorsorg. Daar is ‘n paar vliegtuie waarin dieselfde enjinkomponent, wat Maandag probleme veroorsaak het, vervang moet word.

‘n Airbus A350 moes gister omdraai na dit probleme met die enjin ondervind het slegs 75 minute na dit opgestyg het.

Cathay Pacific het tot dusver 24 vlugte gekanselleer tot die einde van vandag en het gesê nog vlugte kan gekanselleer word afhangend van die ondersoek.

Bronne: DW – South Africa, BBC, The Independent

Lees ook: Boeing ontdek strukturele probleem met 777X-toetsvloot

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief