Chaos by Durban-hawe met ongeveer 71 000 opgehoopte houers

Lees ook :

Meer as 70 000 skeepsvraghouers is op skepe net buite die Durbanse hawe gestrand.. (Fotobron: Getty Images)

LEES OOK: DStv verloor amper ‘n halfmiljoen intekenare

Meer as 70 000 skeepsvraghouers is op skepe buite Durban gestrand in ‘n opeenhopingskrisis wat feesseisoen-inkopies en die ekonomie as ’n geheel bedreig.

Vertragings van 14 dae om vragte hierdie week af te laai het daartoe gelei dat een van die wêreld se grootste maatskappye, Maersk, Kaapstad as ‘n aanloophawe op ‘n groot Verre-Ooste-roete afgegooi het om ontwrigting en stygende bedryfskoste te vermy. By die Durbanse hawe – Suider-Afrika se besigste hawe – neem skepe in sommige gevalle 20 dae of meer om vrag af te laai. Dit is drie of vier keer langer as die gemiddelde tyd wat dit neem of vragte af te laai. 

Volgens die departement van vervoer se onlangs gepubliseerde Freight Logistics Roadmap, word ondoeltreffendheid geblameer vir die stadige beweging by die Durban-hawe. Terwyl die prestasie van Suid-Afrika se hawens die afgelope paar jaar verbeter het, was die houerterminale by Durban en Ngqura in 2022 onderskeidelik 365ste en 361ste uit 370 hawens wêreldwyd deur die Wêreldbank geplaas. 

As gevolg van die ondoeltreffendheid van hierdie terminale word vrag toenemend na Maputo en Luanda herlei, wat lei tot ‘n permanente verlies aan uitvoerverkeer vir Suid-Afrika, volgens die departement van vervoer se onlangs gepubliseerde Freight Logistics Roadmap.

#DurbanHawe #Houers #Afrikaans #Nuus #Newsfeed

Bronne gebruik: News24; BusinessLive; MoneyWeb.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief