Charlie Kirk-moordverdagte vir eerste keer fisies in hof

Lees ook :

Charlie Kirk-moordverdagte vir eerste keer fisies in hof fotokrediet: X

VSA. – Tyler Robinson (22), die man wat beskuldig word van die moord op Charlie Kirk, het gister sy eerste fisiese verskyning in die hof gemaak.

Lees ook: Charlie Kirk-moordverdagte ‘werk nie saam met owerhede’ sê goewerneur

Gister se hofverskyning was om te besluit hoeveel toegang die media tot die moordsaak gaan kry. Robinson se prokureurs en die kantoor van die Utah-sheriff het gevra die regter moet kameras in die hof verbied uit vrees dat dit ‘n regverdige verhoor onmoontlik sal maak.

Kirk se weduwee en verskeie nuusmaatskappye het gedruk vir deursigtigheid en die regter het beslis kameras sal in die hof toegelaat word. Foto’s of video’s van die verdagte waar hy in boeie is, word nie toegelaat nie.

Robinson is aangekla van verskeie misdrywe en kan die doodstraf kry as hy skuldig bevind word.

Hy sal weer op 16 Januarie 2026 in die hof verskyn.

Bronne: BBC, Daily Mail, CNN

Lees ook: Charlie Kirk-moordverdagte ‘werk nie saam met owerhede’ sê goewerneur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief