Brekende Nuus
Afrikaans

China – Covid-19 – nog geen rede tot paniek

Tot dusver is daar geen rede tot paniek nie.

Covid-19 China
Fotokrediet Canva

Die departement van gesondheid sê hulle monitor die Covid-19-situasie in China en ander dele van die wêreld.

‘n Waarskuwing sal uitgereik word indien ekstra voorsorgmaatreëls deur Suid-Afrika ingestel sal word. Tot dusver is daar geen rede tot paniek nie.

Die departement raai steeds individue aan om ingeënt te word en skraagdosisse te neem om hul immuniteit teen die sub-variante van Covid-19 te beskerm.