Lees ook: Cholera-medisyne raak op te midde van uitbrake
Die departement van gesondheid het bekendgemaak daar is 12 bevestigde choleragevalle in Suid-Afrika aangemeld, terwyl een persoon dood is.
Tussen 1 Januarie en 18 April was daar na raming meer as 150 gevalle van cholera in die land. Elf van die bevestigde gevalle is in Limpopo aangemeld en een in Gauteng.
Drie van die gevalle is persone wat van Zimbabwe af gereis het.
Die persoon wat oorlede is, was ’n Suid-Afrikaner van Musina. Hy is op 21 Maart oorlede na hy vyf dae vantevore in die hospitaal opgeneem is.
Bronne: IOL, ECR, Daily Mirror