Lees ook: Kenia en Nigerië herroep Johnson & Johnson-hoesmedisyne
Die City Power-woordvoerder, Isaac Mangena, het gesê die bewerings van ‘n staking namens die subkontrakteurs is onwaar.
Hy het gesê City Power neem kennis van iemand wat bewerings oor ‘n staking versprei en wat dreigende boodskappe stuur aan kontrakteurs wat werk.
Mangena het aan IOL gesê die polisie is gevra om diegene wat hulle werkers dreig in hegtenis te neem. Hy het ook gesê hulle het meer beveiliging gekry om hulle werkers en kontrakteurs te beskerm indien daar ‘n staking plaasvind.
Bronne: IOL, The Citizen, News365
Lees ook: Kenia en Nigerië herroep Johnson & Johnson-hoesmedisyne





