Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af
Die konstitusionele hof het die week beslis Coca-Cola Beverages Africa kan 400 werkers afdank.
Dit volg na Coca-Cola appelleer het teen die mededingingskommissie se besluit dat hulle nie die werkers kan afdank nie. Coca-Cola wou die werkers afdank na vier botteleringsmaatskappye met Coca-Cola saamgesmelt het om kostes te spaar.
Die werkers se unie het hulle na die mededingingskommissie gewend en hulle het beslis teen Coca-Cola se besluit om die werkers af te dank.
Coca-Cola is na die konstitusionele hof waar dit bevind is die werkers kan afgedank word. Elke party moet sy eie regskostes betaal.
Bronne: IOL, The Africa, Daily Maverick
Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af




