Ster-Kinekor dank 236 werkers af

Lees ook :

Ster-Kinekor dank 236 werkers af
Ster-Kinekor dank 236 werkers af fotokrediet: Canva

Lees ook: Altesaam 4 700 poskantoorwerkers afgedank

Ster-Kinekor het bevestig 236 van hulle werknemers is afgedank soos dit die besigheid se struktuur en kostes aanpas.

Die werknemers het almal kennisgewings ontvang wat hulle inlig van Ster-Kinekor se plan om die besigheid te herstruktureer.

Volgens Ster-Kinekor het minder mense in die laaste paar maande teaters besoek. Hulle het ook gesê die stakings deur Hollywood-akteurs en -skrywers het veroorsaak dat films wat nou reeds vrygestel moes gewees het eers in 2025 te sien sal wees.

Ster-Kinekor het ook beurtkrag blameer vir die besigheid se probleme, maar werknemers het gesê die meeste teaters het kragopwekkers. Hulle het ook aangekondig nege teaters gaan toegemaak word. Die nege teaters is in:

  • Bayside (WC)
  • Boardwalk (KZN)
  • Mimosa (KZN)
  • Shelly Beach (KZN)
  • Cedar Square (GP)
  • Maponya (GP)
  • Matlosana (GP)
  • Southgate (GP)
  • Sterland (GP)

Bronne: IOL, IT Web, The Africa

Lees ook: Vodacom gaan werkers afdank

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief