Lees ook: Werkloosheidsyfer styg tot 33.5%
Cosatu gaan na verwagting vandag landwyd staak teen Suid-Afrika se ekonomiese krisis en werkloosheidsyfer.
Cosatu en verskeie vakbonde gaan staak oor die hoë werkloosheidsyfer in die land, die hoë lewenskoste, misdaad en die “ongebreidelde aflegging” in die privaat en openbare sektore.
Die groep beplan ook om ’n lys van eise in te dien by die departement van arbeid, insluitend dat die regering sy privatiseringstrategieë moet laat vaar en ophou om begrotings te verminder.
Vandag se staking vind plaas op die internasionale dag vir “ordentlike” werk. Die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) definieer “ordentlike” werk as produktiewe werk vir vroue en mans in ‘n vrye, gelyke, veilige omgewing waar menswaardigheid seeviër.
Bronne: eNCA, SABC, EWN
Lees ook: Cosatu beplan staking vir volgende week





