LEES OOK: Toerismeraad ontken R33 miljoen is aan aan Trevor Noah vir advertensie betaal
Friends-sterre Courteney Cox en Matt Le Blanc het albei afsonderik die eerste keer hulde gebring aan hulle mede-ster Matthew Perry, ná sy dood verlede maand.
Cox, wat as sy vrou “Monica Geller” op die skerm gespeel het, het ‘n snit van haar met Perry se karakter Chandler op Instagram gedeel en gesê sy is “so dankbaar vir elke oomblik” wat hulle saamgewerk het.
Matt Le Blanc, wat sy kamermaat Joey gespeel het, het vroeër sy huldeblyk op sosiale media geplaas. “Dit was ’n eer om jou my vriend te noem. Dit is met ‘n swaar hart wat ek totsiens sê. Ek sal jou nooit vergeet nie,” het hy geskryf.
Perry is verlede maand op die ouderdom van 54 dood by sy huis in Los Angeles aangetref. Meegevoel met sy dood is deur aanhangers regoor die wêreld uitgestort.
In ‘n gesamentlike verklaring verlede maand het Cox en Le Blanc saam met hul mede-spelers Jennifer Aniston, Lisa Kudrow en David Schwimmer Perry se dood as ‘n “onpeilbare verlies” te beskryf.
Perry se begrafnis is vroeër vandeesmaand deur sy Friends-mede-sterre bygewoon. Owerhede ondersoek nog die oorsaak van sy dood.
#Friends #MatthewPerry #Afrikaans #Nuus
Bronne gebruik: BBC; News24; Sky News; The Guardian.