Cycling SA betreur afsterwe van drie fietsry-ikone

Lees ook :

Foto's: Cycling South Africa

Cycling South Africa het met ‘n plasing op sosiale media hulde gebring aan Meurant Botha (50), JP van Zyl en Eugene Roux, drie bekende figure in die fietsrygemeenskap, wat onlangs gesterf het. Botha en Van Zyl het in ‘n ‘n motorongeluk en Roux aan ‘n hartaanval gesterf.

Volgens die plasing was Botha ’n baanbreker in bergfietsry en die stigter van Dirtopia. Hy het ’n groot bydrae gelewer deur roete-ontwikkeling, jeugontwikkeling en die stigting van die Spur Schools MTB League. Van Zyl, wat met Recycles Bike Shop geassosieer is, word onthou as ’n mentor wat onverpoosd gewerk het om fietsry toeganklik te maak. Roux, van Sedgefield, het volgens Cycling SA ’n blywende indruk gelaat deur sy passie, vriendelikheid en toewyding.

“Ons innige meegevoel gaan aan hul families, vriende en almal wat hulle geken het,” het die organisasie gesê.

In kommentaar, waar gevra is hoe die drie gesterf het, het Desiree Naude gesê: “Meurant & JP together in car accident. Eugene had a heart attack.”

Volgens ‘n plasing van die Bike Hub het die motorongeluk Saterdag naby Calvinia plaasgevind. Boodskappe van medelye stroom op sosiale media in.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief