Lees ook: Voormalige DA MP herinner Lesufi hy is weer verkies danksy DA
Die DA en ANC is steeds besig met onderhandelinge oor die Gautengse kabinet. Helen Zille het gesê die DA wil vier posisies in die kabinet hê, terwyl die ANC dan vyf en die IVP een kry.
Volgens haar wil die ANC sewe posisies vir hulle hou en net drie vir die DA gee. As dit gebeur, sal die IVP geen posisie in die kabinet hê nie.
Die DA het gesê hulle sal die opposisie inneem as die situasie nie verbeter nie.
Die ANC het gesê hulle gaan nie toelaat dat die DA hulle “boelie” nie. Fikile Mbalula sou na verwagting om 11:00 ‘n opdatering oor die situasie gee.
Bronne: IOL, The Citizen, Sunday World
Lees ook: Voormalige DA MP herinner Lesufi hy is weer verkies danksy DA