Lees ook: ANC stel weer aankondiging van Gautengse kabinet uit
GAUTENG. – Die voormalige DA MP Douglas Gibson het gesê premier Panyaza Lesufi het “vergeet” hy is net weer verkies oor hulle vir hom gestem het.
Dit volg na die ANC aangekondig het die aankondiging van die Gautengse provinsiale regering is uitgestel oor meningsverskille.
Die ANC het twee LUR-posisies aan die DA aangebied, maar hulle het die aanbod afgekeur in die hoop op meer posisies.
Gibson het gesê Lesufi het vergeet hy is net die premier omdat die DA vir hom gestem het en hy moenie “oorgretig” raak en meer posisies probeer vat as wat hy mag nie.
Die ANC het gesê hulle gaan nie die DA toelaat om hulle te “boelie” nie en Lesufi sal die aankondiging maak “met of sonder die DA”.
Dit is moontlik dat Lesufi vandag sy kabinet sal aankondig.
Bronne: IOL, The Citizen, Jacaranda FM
Lees ook: ANC stel weer aankondiging van Gautengse kabinet uit





