DA hou ‘eenheidsoptog’ in Durban na ‘rasse-aanval’ op raadslid

Lees ook :

DA hou 'eenheidsoptog' in Durban na ‘rasse-aanval’ op raadslid
DA hou 'eenheidsoptog' in Durban na ‘rasse-aanval’ op raadslid fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel betree Sirië-buffersone vir eerste keer in 50 jaar

DURBAN. – Die DA het gister ’n “eenheidsoptog” in Durban gehou na ’n beweerde rasse-aanval op DA-raadslid, Yogis Govender.

’n Onbekende ANC-lid het glo verlede maand vir Govender geskree: “Gaan terug Bombay toe!” terwyl hy tydens ’n raadsvergadering besig was om te debatteer.

Die DA het ’n klag by die menseregtekommissie ingedien en beplan om ’n mosie van wantroue teen speaker Thabani Nyawose te loods oor die “beskerming” van die onbekende ANC-lid.

Die ANC het glo niks gedoen om die onbekende lid te identifiseer nie. Nyawose het ’n verklaring uitgereik om te sê hy veroordeel die voorval.

Bronne: IOL, TimesLIVE, Pressreader

Lees ook: Israel betree Sirië-buffersone vir eerste keer in 50 jaar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief