Lees ook: Sirië deur rebelle ingevaar, president vlug
SIRIЁ. – Die Israeliese weermag het Sondag vir die eerste keer in 50 jaar ‘n gedemilitariseerde buffersone met Sirië betree na Siriese rebellegroepe die voormalige leier, Bashar al-Assad, uit die land gedwing het na hulle Damaskus ingeval het.
Israel het gesê hulle het die buffersone met grondmagte binnegegaan en sal na ander plekke beweeg soos nodig om “die veiligheid van gemeenskappe van die Golan-hoogte en burgers van Israel te verseker”.
Volgens die Siriese menseregtewag het Israeliese magte mense geskiet en “al die burgers van die Rasm Al-Rawadhi dorpie in hegtenis geneem”.
Israel het glo ook bomme losgelaat op regeringsbates wat moontlik teen hom gebruik kan word.
Egipte het te kenne gegee hulle is ongelukkig met Israel se jongste offensief.
Bronne: Newsweek, The New York Times, Daily Mail





