Verskeie DA-ministers kan moontlik uit die regering van nasionale eenheid verwyder word oor die 2025-begroting.
Lees ook: Begroting aanvaar met BTW-verhoging tydens stemming in parlement
Volgens BusinessTech het bronne in die ANC-koukus in die parlement gesê daar is ’n plan om ’n vergadering te hou om president Cyril Ramaphosa toestemming te gee om op te tree teen die DA-ministers wat teen die begroting gestem het.
Die DA het ’n regsaksie geloods om die begroting teen te staan na die BTW-verhoging as deel van die begroting aanvaar is.
Verskeie senior ANC-lede het hulle frustrasie uitgegespreek met die DA en het gesê die regering van nasionale eenheid kan nie oorleef met vennote wat die finansiële raamwerk aktief teenstaan nie.
Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het gesê: “Jy kan nie deel wees van ’n regering wie se begroting jy teenstaan nie. Ons verwag die DA moet hulle deelname aan die regering van nasionale eenheid herdink en besluit hoe hulle ministers die programme gaan dryf met die begroting waarteen hulle gestem het.”
Die DA se woordvoerder het voor die stemming oor die begroting gesê as die begroting aanvaar word, gaan die DA hulle posisie in die regering van nasionale eenheid heroorweeg.
Bronne: BusinessTech, IOL, The Citizen
Lees ook: Begroting aanvaar met BTW-verhoging tydens stemming in parlement
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





