Brekende Nuus
Nuus

DA stel koalisieraamwerk vir 137 munisipale rade aan ANC voor

Foto: Ter illustrasie

Die DA het Sondag ’n voorstel bekend gemaak waarvolgens die ANC, DA en IVP koalisieregerings kan lei in 137 munisipale rade waar geen party ’n volstrekte meerderheid behaal het nie. Die ANC sou 93 rade lei, die DA 24 en die IVP 20, onderhewig aan die IVP se instemming.

Geordin Hill-Lewis, DA-leier, sê die DA het die voorstel Vrydag tydens onderhandelinge skriftelik aan die ANC voorgelê en teen Sondag nog geen antwoord ontvang nie. Die voorstel bepaal dat die grootste party onder die koalisievennote die burgemeester sal lewer. Die DA is bereid om afsonderlik oor die metro’s sonder ’n meerderheid te onderhandel, waaronder Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni en eThekwini.

Volgens Hill-Lewis wil die DA met die voorstel gereelde burgemeesterswisselings oor die volgende vyf jaar beperk en munisipaliteite meer ruimte gee om dienslewering te verbeter. Hy het die ANC se nasionale uitvoerende komitee gevra om die voorstel te oorweeg en sy onderhandelaars te magtig om die uitstaande voorwaardes met die DA te bespreek.

Rade wat die DA se voorstel dek:

Oos-Kaap: Blue Crane Route, Buffalo City, Dr. Beyers Naude, Enoch Mgijima, Inxuba Yethemba, King S. Dalindyebo, KouKamma, Makana, Ndlambe, Mnquma, Nelson Mandelabaai, Sondagsriviervallei, Walter Sisulu 

Vrystaat: Dihlabeng, Mafube, Maluti a Phofung, Mangaung, Masilonyana, Matjhabeng, Metsimaholo, Mohokare, Moqhaka, Nala, Ngwathe, Nketoana,  Phumelela, Setsoto, Tswelopele            

Gauteng: Ekurhuleni, Emfuleni, Johannesburg, Lesedi, Merafong, Mogale City, Rand West, Tshwane

KwaZulu-Natal: AbaQulusi, Alfred Duma, Big Five Hlabisa, Dannhauser, Dr Nkosazana Dlamini, eDumbe, eMadlangeni, Endumeni, eThekwini, Inkosi Langalibalele, Jozini, KwaDukuza, Mandeni, Maphumulo, Mkhambathini, Mpofana, Msunduzi, Mtubatuba, Ndwedwe, Newcastle, Nqutu, Okhahlamba, Ray Nkonyeni, uMdoni, uMfolozi, uMhlabuyalingana, uMhlathuze, uMlalazi, uMshwathi, uMuziwabantu, uMvoti, Umzimkhulu, Umzumbe, uPhongolo

Limpopo: Ba-Phalaborwa, Bela-Bela, Elias Motsoaledi, Lepele-Nkumpi, Lephalale, Maruleng, Modimolle-Mookgophong, Mogalakwena, Polokwane, Thabazimbi

Mpumalanga: Dipaleseng, Dr JS Moroka, Dr Pixley Ka Isaka Seme, Emakhazeni, Emalahleni, Govan Mbeki, Lekwa, Mbombela, Mkhondo, Msukaligwa, Steve Tshwete, Thaba Chweu, Thembisile Hani, Victor Khanye   

Noordwes: City of Matlosana, Ditsobotla, JB Marks, Kgetlengrivier, Lekwa-Teemane, Madibeng, Mahikeng, Mamusa, Naledi, Ramotshere Moiloa, Rustenburg

Noord-Kaap: Dawid Kruiper, Emthanjeni, Ga-Segonyana, Gamagara, Hantam, Kai Garib, Kamiesberg, Kareeberg, Karoo Hoogland, Kgatelopele, Khâi-Ma, Magareng, Nama-Khoi, Siyancuma, Siyathemba, Sol Plaatje, Thembelihle, Ubuntu            

Wes-Kaap: Beaufort, Bitou, Breedevallei, Kaap Agulhas, Cederberg, Knysna, Langeberg, Matzikama, Oudsthoorn, Prince Albert, Saldanha, Swellendam, Theewaterskloof, Witzenberg