DA verdedig Renaldo Gouws se aanstelling in parlement

Lees ook :

DA verdedig Renaldo Gouws se aanstelling in parlement
DA verdedig Renaldo Gouws se aanstelling in parlement fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Renaldo Gouws woon DA-induksievergadering by ondanks skorsing

Die DA het Renaldo Gouws se aanstelling as die adjunkwoordvoerder van twee portefeuljes – toerisme en die ouditeur-generaal – verdedig.

Gouws is verlede maand uit die DA se party-aktiwiteite geskors na video’s van lank terug versprei is waarin hy rassistiese opmerkings gemaak het. Die DA se hoofsweep, George Michalakis, het hulle besluit om hom as die adjunkwoordvoerder aan te stel, verdedig en gesê hy moet steeds sy pligte as ‘n lid van die parlement uitvoer, al is hy uit party-aktiwiteite geskors.

Michalakis het gesê daar is ‘n skeiding tussen die party en die staat en Gouws is steeds deel van die staat en moet dus sy plig daar doen.

Gouws sal as ‘n lid van die parlement dien terwyl die dissiplinêre proses van die party teen hom aan die gang is.

Bronne: IOL, Briefly, The Citizen

Lees ook: Renaldo Gouws woon DA-induksievergadering by ondanks skorsing

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief