Dagga by laerskoolleerlinge gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Laerskool Noorderlig in Crystal Park is onlangs deur lede van die SAPD, Ekurhuleni-metropolisie en Gauteng-verkeerspolisie besoek en deursoeking het plaasgevind.

Zweli Dlamini, woordvoerder vir EMPD, sê dagga, sigarette en sigaretaanstekers is by leerlinge gevind. Inligting het tot die arrestasie van ‘n verdagte (27) in Totiusstraat gelei. Die verdagte het glo 16 Ziploc-sakkies dagga in sy besit gehad en daar word vermoed hy het daarvan aan die laerskoolleerlinge verkoop.

Die verdagte is gearresteer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief