Lees ook: Man wat kwaad is vir oom skiet hond
RIETGAT. – Die polisie op Rietgat het inligting ontvang oor verdagtes wat betrokke is by die koop en verkoop van dagga in Soshanguve.
Twee voertuie is gesien waar hulle wegjaag toe die polisie by die gebied aankom. Die polisie kon later die twee voertuie by ’n huis opspoor.
Groot pakke dagga is in albei voertuie gekry. Drie mans en ‘n vrou, die verdagtes, het teruggekeer en van ’n afstand op die polisie geskiet voor hulle weer gevlug het toe die polisie terugskiet.
Die dagga en voertuie is gekonfiskeer en ’n saak van poging tot moord word ondersoek. Die verdagtes is steeds op vrye voet.
Bronne: SAPD
Lees ook: Man wat kwaad is vir oom skiet hond