Lees ook: Vrou dood by werk, liggaam eers na vier dae gevind
WATERLOO, KZN. – Die reaksie-eenheid SA (Rusa) is Sondag gebel na ’n man sy oom se hond geskiet het.
Die man het by die oom se huis aangekom om te vra dat een van sy oom se werkers vir hom vryskutwerk doen. Sy oom het geweier en hy het uitgeloop. Die hond het vir hom geblaf en toe skiet hy die hond in beide bene voor hy op die vlug geslaan het.
Die hond het sorg gekry en sy eienaar het ’n kriminele saak teen die verdagte gemaak. Lede van die reaksie-eenheid het die verdagte in die hande probeer kry, maar hy is steeds nie gevind nie.
Bron: Facebook
Lees ook: Vrou dood by werk, liggaam eers na vier dae gevind