Daggabesending van R7,7 m. in Steinkopf onderskep

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Twee verdagtes (33) is in hegtenis geneem nadat Steinkopf-polisiebeamptes glo ‘n daggabesending met ’n geskatte straatwaarde van R7,7 miljoen tydens roetinepatrollies by hulle gevind het.

Volgens kapt. Ivan Magerman, polisiewoordvoerder, is ‘n verdagte bakkie met bokse agter op in die vroeë oggendure by die N7-R382-kruising opgemerk. Tydens deursoeking is daar op dagga van 64,8 kilogram afgekom.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal binnekort op aanklagte van handel in dwelms in die hof verskyn. Die polisie het ook op die voertuig beslag gelê.

Brig. Schalk Andrews, die distrikskommissaris, het die beamptes vir hulle vinnige optrede geprys. Hy sê die suksesvolle optrede wys die polisiediens se volgehoue verbintenis om dwelmhandel en soortgelyke misdade in die Namakwa-distrik te bekamp.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief