Dodetal styg nadat vragvliegtuig in Kentucky ontplof

Lees ook :

Dodetal styg nadat vragvliegtuig in Kentucky ontplof fotokrediet: X

KENTUCKY, VSA. – Altesaam 12 mense is dood nadat ‘n vragvliegtuig Dinsdagaand ontplof het terwyl dit besig was om in Louisville, Kentucky op te styg.

Lees ook: 7 mense dood toe vragvliegtuig ontplof

Volgens die staat se goewerneur, Andy Beshear, sal die dodetal waarskynlik verder styg en minstens een kind insluit.

Luidens ‘n verslag van die Nasionale Raad vir Vervoer en Veiligheid het die linkerenjin van die vliegtuig aan die brand geraak en van die vlerk afgeval terwyl die vliegtuig aan die opstyg was by die Muhammad Ali- internasionale lughawe. ‘n Groot brand is deur die brandende enjin veroorsaak.

Die vliegtuig kon van die aanloopbaan af lig en oor ‘n heining vlieg voordat dit verskeie geboue rondom die lughawe getref het.

Die ondersoek duur voort, terwyl die soektog na vermiste persone ook steeds aan die gang is.

Bronne: BBC, NDTV, CBS News

Lees ook: 7 mense dood toe vragvliegtuig ontplof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief