Lees ook: Betaal moontlik minder vir petrol in Junie
Nuwe data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n moontlike daling van R1 per liter vir petrol en diesel, wat ‘n merkbare verskil aan Jan Publiek se sak sal maak.
Die prys van 93-petrol sowel as 95-petrol kan albei daal met R1 per liter. Die prys van diesel 0.05% kan met R1.01 per liter daal, terwyl diesel 0.005% met 92 sent per liter kan verminder.
Paraffien se prys kan daal met 81 sent per liter.
Die pryse kan steeds verander voor die amptelike pryse aangekondig word op 5 Junie.
Bronne: BusinessTech, Stuff South Africa, Cars.co.za





