Dank vir ondersteuning na vrou se kop onder trekker beland

Lees ook :

Foto: Chané Dreyer Gebed & Ondersteuningsgroep

MISSISSIPPI, VSA. – Chané Dreyer (25) het op 16 Mei tydens ‘n fratsongeluk met haar kop onder ‘n trekker beland in Mississippi in die VSA waar sy op ‘n plaas werk. Sy is intussen vir eers uit die hospitaal ontstlaan en sê dankie vir ondersteuning.

‘n Plasing op die Chané Dreyer Gebed & Ondersteuningsgroep sê sy gesels met geliefdes vanuit die VSA. Daar word tans gewag vir die swelsel aan haar gesig om te sak voordat ‘n rekonstruksie-operasie op haar gesigsfrakture gedoen kan word. Sy sien Dinsdag die dokters vir verdere reëlings.

Verjaardagwense en boodskappe van ondersteuning stroom in vir hierdie dapper vrou wat steeds pyn en ongemak verduur. Sy het ook twee dae gelede haar verjaardag gevier.

Lees Chané se bedanking hier onder:

“Ek wil net baie dankie kom sê aan elke liewe persoon vir elke oproep, boodskap, gebed, verjaarsdagwense en nog soveel meer.

Soveel omgee en ek waardeer dit uit die diepte van my hart.

Ek is die 17de Mei ontslaan sodat ons kans kan gee vir die swelling om te verminder. Dinsdag 21 Mei gaan hulle verder reëlings met ons tref oor die operasie. Wanneer dit gedoen gaan word, wat gedoen gaan word en elke detail gaan aan ons voorgelê word. Dinsdag sal ons meer inligting hê oor die pad wat voorlê.

‘n Lang pad van herstel lê voor, maar sonder God en almal se omgee en liefde is niks moontlik nie.

BAIE DANKIE!!”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief