Danny Jordaan en medebeskuldigdes se saak uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die saak teen Danny Jordaan, die voormalige president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA), en sy medebeskuldigdes se saak is tot 14 April uitgestel nadat die verdediging om meer tyd gevra het om vir verhoor voor te berei.

Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê die verdediging het aangedui dat hulle verdere konsultasies met hul kliënte moet voer en het ook versoek dat die saak voorlopig van die rol geskrap word hangende hersieningsaansoeke in die Johannesburg-hooggeregshof. Die staat het egter volgehou dat hy gereed is om met die verhoor voort te gaan en het aangevoer dat die saak op die voorgestelde datum aangehoor moet word.

Danny Jordaan, Gron Hluyo, Trevor Neethling en Russell Paul staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog van meer as R1 miljoen, diefstal en sameswering om bedrog en diefstal te pleeg. Die staat voer aan dat Jordaan in Desember 2017 ’n teruggedateerde diensvlakooreenkoms tussen SAFA en Grit Communications onregmatig onderteken het sonder behoorlike goedkeuring. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy veiligheidsdienste vir persoonlike gebruik onder die dekmantel van SAFA-sake verkry het.

Al die beskuldigdes bly op borgtog van R20 000 elk. Die NVG sê hy sal enige verdere vertragings teenstaan.

Bron: NVG en Napedia

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief