Lees ook: Elon Musk nou deel van Donald Trump se kabinet
Danny Jordaan (73), die president van die South African Football Association (Safa), is in hegtenis geneem vir die beweerde misbruik van Safa-fondse.
Die Valke het aan Cape Town ETC gesê lasbriewe vir die inhegtenisneming van die Safa-hoof, Gronie Hluyo, en ‘n sakeman, is ook uitgereik.
Bewerings is gemaak dat Jordaan tussen 2014 en 2018 Safa-hulpbronne vir persoonlike doeleindes gebruik het.
Jordaan het gister ‘n dringende aansoek geloods om sy inhegtenisneming te verhoed. Hy sal binnekort in die hof verskyn.
Bronne: Cape Town ETC, The Citizen, SABC





