Elon Musk nou deel van Donald Trump se kabinet

Lees ook :

Elon Musk nou deel van Donald Trump se kabinet
Elon Musk nou deel van Donald Trump se kabinet fotokrediet: X

Lees ook: Donald Trump wen Amerikaanse verkiesing

VSA. – Donald Trump het aangekondig Elon Musk, die rykste man ter wêreld, sal deel wees van sy Withuis-kabinet.

Trump het aangekondig Musk sal saam met Vivek Ramaswamy die nuwe departement van regeringsdoeltreffendheid (Doge) bestuur. Hy het gesê die nuwe departement sal “advies en leiding van buite die regering verskaf” en help om “regeringsburokrasie af te breek, oortollige regulasies te sny, verkwistende uitgawes te besnoei en federale agentskappe te herstruktureer”.

Musk se aanstelling kom die belofte na wat Trump aan hom gemaak het toe hy die Republikein ondersteun het vir die presidentskap en meer as $119 m. in sy veldtog gestort het.

Bronne: Express, Sky News, Metro

Lees ook: Donald Trump wen Amerikaanse verkiesing

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief