Brekende Nuus
Afrikaans

Danny Jordaan na verwagting binnekort in hof

Danny Jordaan verskyn na verwagting binnekort in hof

fotokrediet: Wikipedia
Danny Jordaan verskyn na verwagting binnekort in hof fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Danny Jordaan in hegtenis geneem vir beweerde misbruik van Safa-fondse

Danny Jordaan sal na verwagting binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagtes van bedrog en diefstal tot die bedrag van R1.3 m.

Jordaan het glo Safa-geld gebruik om ‘n kommunikasiemaatskappy aan te stel om sy beeld te poets.

Hy het glo ook Safa-fondse gebruik om ‘n sekuriteitsmaatskappy vir sy persoonlike beskerming aan te stel.

Jordaan sal saam met Safa-hoof Gronie Hluyo en Trevor Neethling, ‘n sakeman wat Jordaan glo onwettig aangestel het, in die hof verskyn.

Bronne: SABC, IOL, The Citizen

Lees ook: Danny Jordaan in hegtenis geneem vir beweerde misbruik van Safa-fondse