Brekende Nuus
Afrikaans

Danny Jordaan toegelaat om paspoort te hou

Danny Jordaan toegelaat om paspoort te hou

fotokrediet: Skermgreep
Danny Jordaan toegelaat om paspoort te hou fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Danny Jordaan uit op borg, saak uitgestel

Die Palm Ridge-hof vir gespesialiseerde kommersiële misdrywe het Safa-president, Danny Jordaan, toegelaat om sy paspoort te hou.

Jordaan, Safa se finansiële hoof Gronie Hluyo, en sakeman Trevor Neethling is gister in hegtenis geneem en het in die hof verskyn vir bedrog en diefstal.

Al drie is vrygelaat op R20 000 borg, maar Jordaan is die enigste wat toegelaat is om sy paspoort te hou omdat hy gereeld vir sy werk reis.

Jordaan moet elke keer wat hy die land wil verlaat ‘n brief aan die ondersoekbeampte oorhandig.

Die saak is tot 5 Desember uitgestel.

Bronne: EWN, TimesLIVE, The Citizen

Lees ook: Danny Jordaan uit op borg, saak uitgestel