Lees ook: Danny Jordaan uit op borg, saak uitgestel
Die Palm Ridge-hof vir gespesialiseerde kommersiΓ«le misdrywe het Safa-president, Danny Jordaan, toegelaat om sy paspoort te hou.
Jordaan, Safa se finansiΓ«le hoof Gronie Hluyo, en sakeman Trevor Neethling is gister in hegtenis geneem en het in die hof verskyn vir bedrog en diefstal.
Al drie is vrygelaat op R20Β 000 borg, maar Jordaan is die enigste wat toegelaat is om sy paspoort te hou omdat hy gereeld vir sy werk reis.
Jordaan moet elke keer wat hy die land wil verlaat βn brief aan die ondersoekbeampte oorhandig.
Die saak is tot 5 Desember uitgestel.
Bronne: EWN, TimesLIVE, The Citizen