Carolynn van Tonder (32) is laas op 29 November om 08:35 by die Shell-vulstasie op die hoek van Nelson Mandelastraat en 2de Laan, Westdene, Bloemfontein, gesien.
Ten tyde van haar verdwyning het sy nie haar selfoon of handsak by haar gehad nie. Sy het swart hare en bruin oë, is klein en slank van bou, weeg 65 kg en is 1,69 m lank. Sy was geklee in ‘n demimbroek, kakiekleurige groen hemp en bruin skoene.
Sy is by Parkwood-polisie as vermis aangegee. Enige persoon wat weet waar Van Tonder haar bevind, kan met die volgende persone in kontak kom:
Park Road-polisiestasie: 051 507 6000 of 051 507 6027
Bernadette Kriel Opperman: 082 822 3760 of 082 465 5658.
Dawn – Renegades Search and Rescue: 074 712 5855
Chris – Renegades Search and Rescue: 076 233 1655
Thelma – Renegades Search and Rescue: 082 774 1317
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





