Dele van voertuig gekry, moontlik VW Polo van konstabels

Lees ook :

Stukke gekry voertuig, moontlik VW Polo van konstabels Fotokrediet: SAPD

CENTURION. – Die SAPD het bevestig dat dele van ‘n voertuig gevind is, moontlik dié waarin die oorlede konstabels gereis het.

Lees ook: Polisie fokus soektog op VW Polo na liggame van polisiekonstabels gevind is

Die voorste en agterste modderskerm van ‘n voertuig is gevind. Duikers het dalk die res van die voertuig 4 km van die N1 gevind, maar dit is nog nie uitgehaal of geïdentifiseer nie.

‘n Polisiebaadjie wat aan een van die oorlede konstables behoort het, is ook gekry.

Die families is in kennis gestel.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.

Die polisie het bevestig die voertuig wat in die water gekry is behoort aan die drie konstabels.

Lees ook: Polisie fokus soektog op VW Polo na liggame van polisiekonstabels gevind is

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief