CENTURION. – Die polisie het gesê dit ondersoek steeds die dood van die drie aanvanklik vermiste konstabels wie se liggame in die Hennopsrivier gevind is.
Lees ook: Polisiekonstabels se liggame gevind
Die liggame van konst. Linda Cebekhulu, konst. Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge is positief deur hulle families uitgeken. Die drie konstabels het verlede Woensdag vermis geraak op pad van Bloemfontein na Limpopo. Hulle selfone en voertuigopsporingtoestel was afgesit.
Dele van die VW Polo waarin die konstabels gereis het, is langs die N1 gevind, wat die polisie gelei het na ’n Reanault Kangoo in die rivier, waarin ’n vierde liggaam, dié van ’n beampte van die Lyttleton-polisiestasie, gevind is. Nog ’n onbekende ontbinde liggaam is uit die rivier gehaal.
Volgens die polisie kan hulle nie spekuleer oor hoe die konstabels oorlede is, of dit ’n ongeluk was nie. Die polisie het gesê hulle is bekommerd oor die feit dat die konstabels se VW Polo nie op die toneel gevind is nie.
Bronne: eNCA, EWN, SAPD
Lees ook: Polisiekonstabels se liggame gevind
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





