Lees ook: Hof keur Bester en Magudumana se hofaansoek af
Die departement van openbare ondernemings en Takatso-konsortium het die laaste drie jaar onderhandel om 51% van SAL te verkoop.
Pravin Gordhan, uittredende minister van openbare ondernemings, het die week aangekondig die transaksie is gekanselleer omdat hulle nie ‘n ooreenkoms kon bereik nie. Die transaksie is gekanselleer na ‘n nuwe besigheid en batewaardasie deur professionele firmas die struktuur van die transaksie verander het.
Die SAL was bankrot, maar na die mark verbeter het, het die waarde daarvan gestyg van 0 tot R1 miljard. Dit het veroorsaak dat die transaksie gekanselleer word, want dit het nie openbare belang en regverdige markprys in ag geneem nie. Die regering het gesê stappe sal geneem word om SAL te stabiliseer en hulle is seker die maatskappy sal groei.
Bronne: Suid Afrika Regering





