Hof keur Bester en Magudumana se hofaansoek af

Lees ook :

Hof keur Bester en Magudumana se hofaansoek af
Hof keur Bester en Magudumana se hofaansoek af fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Bester en Magudumana vandag in hof om dokumentêr te stop

JOHANNESBURG. – Die hof het Thabo Bester en Nandipha Magudumana se aansoek om die Tracking Thabo Bester-dokumentêr te keer om gewys te word, afgekeur.

Regter Stuart Wilson het gesê Bester se ontsnapping, hoe dit gebeur het, wie betrokke was en wat daarna gebeur het, is in openbare belang. Hy het Bester en Magudumana beveel om die regskostes van die saak te dra.

Bester en Magudumana wou keer dat die dokumentêr vandag op Showmax gewys word. Showmax het die beslissing verwelkom. Die eerste twee episodes sal vandag van 16:00 af beskikbaar wees om gekyk te word.

Bronne: IOL, The Citizen, Algoa FM

Lees ook: Bester en Magudumana vandag in hof om dokumentêr te stop

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief