Die minister van finansies, Enoch Godongwana, gaan vandag vir die derde keer sy begroting vir die huidige boekjaar voorlê.
Lees ook: Godongwana sê nee vir belasting op ‘ryk mense’
Dit volg ná twee begrotings oor ’n voorgestelde BTW-verhoging verwerp is. Die DA en EFF het ‘n interdik bekom om te verhinder dat die BTW verhoog word.
Godongwana moes ’n ander manier vind om die tekort aan R75 miljard te vul. Hy sal vandag die Verdeling van Inkomste en die Wetsontwerp op Toedeling bekendstel.
Bronne: South African Government





